PARYS 150 ERFENISDAG 24 SEPTEMBER 2026

PARYS, die mooi rustige dorp aan die walle van die Vaalrivier, is 150 jaar oud!

Wat ñ besonderse mylpaal!

Maar Parys se geskiedenis begin reeds baie baie vroeër. So getuig die murasies en oorblyfsels van krale op die rante in die omgewing. Verlate, net tekens van onbekende inwoners wat lank-lank gelede daar gewoon en geskuil het.

Raaiselagtig. Wie was hulle? Waarom en waarheen het hulle verdwyn? Winter 1836 span Hendrik Potgieter se trek hier in die omgewing uit. Die water en weiding ñ welkome verposing na die strawwe trek vanuit die Kaapkolonie deur die ongenaakbare Vrystaatse vlaktes. Die Vaalrivier word hier oorgesteek vir die verdere trek na die onbekende en gevaarlike Noorde. Dapper met Hoop en Geloof op ñ toekoms!

Sentraal Vaal Kultuurgroepe neem opgewonde deel aan Parys 150 se feesvieringe om die geskiedenis en kultuur te vier en te onthou.

“NEEM UIT DIE VERLEDE WAT GOED IS EN BOU DIE TOEKOMS DAAR OP. “

Kom geniet die dag! ñ Straatparade vol kleur en klank!

Ondersteun die plaaslike kunstenaars, entrepreneurs en besighede.

Kobie Ströh nms Sentraal Vaal Kultuurgroepe.

Similar Posts