Klompie selfsorghuise, elk met sy eie karakter, nestel onder diep skadubome op die oewer van die Vaalrivier. Elke huis is vernoem na n Afrikaanse ikoon, liedjie of kunstenaar, met name soos die Droomvrou- en Trek Ferreira-oewerhuise, Nalekoker-rivierwoonstelle, Voshaarnooi- en Mannetjies Roux-slaapsale. Die akkommodasie langs die rivier bied nog baie moontlikhede, buiten verskeie huise vir gesinne: Woonstelle vir twee met n klein stoepie reg op die rivierwal waar paartjies kan uitspan; eenhede met gedeelde badkamers waar pa’s en seuns visvangnaweke kan kom hou; slaapsale vir kerk-, skool- en Voortrekkerkampe en houthuise vir vriende wat saam wil kom kuier; asook staanplek vir tente en karavane.